Saturday, January 3, 2009

Spesie 1: Papegaai Duif


Spesie: Papegaaiduif (e: African Green Pigeon)
Bron: Essential Illustrated Guide to Southern African Wildlife, p.163
Gesien: 3 Januarie 2009 om 15:10 te Arcadia, Pretoria
Nogal skaars in ons streek en het allerlei unieke gewoontes. Hulle besoek ons jaarliks slegs as die Vye ryp is!

Species Central: 'n Nuwe Stokperdjie

Hierdie Blog is bedoel as 'n spesies-amateur-argief van familie en vriende van die Smitte. Die bedoeling is om foto's en ander info oor veral voël en insekspesies op die blog te plaas. Maandeliks word dan besluit wie se bydrae die beste of mees besondere is.
Reëls:
1. Elke inskrywing moet vergesel wees van 'n foto of skets.
2. Elke inskrywing moet vergesel wees van die plek, datum en tyd waar die spesie gesien is.
3. Foto's hoef nie as bewys van die spesie te dien nie, slegs as bewys van die feit dat dit waargeneem is. Die kwaliteit van die fotos, alhoewel tog sekerlik belangrik, is nie van absolute belang nie.
4. Die verwysing van 'n veldgids vir insekte of voëls moet ook verskaf word sodat ander n oplees oor die spesie.

Happy hunting!